Bosveld Stereo het verlede week Donderdag 4 November 2021 Meerhof Skool, Hartbeespoortdam besoek en die skoolleerlinge verras met bederfpakkies met die oog op die Kersseisoen! Baie dankie aan die volgende borge wat bydraes gegee het. Sasko Bakery vir die broodrolletjies, Impala Slaghuis vir die worsies, Pick n Pay Village Mall vir die vrugtesappies, botter, tamatie en mosterd sous, Dry Ice International vir die ys vir die roomys, Dischem Village Mall vir julle groot geskenkbewys, Rensia Van Wyk vir die neem van die foto’s en hulp, Letitia Van Wyk vir al jou hulp, Lee Prozesky vir jou rol as Kersvader, Wimpie Botha & Johan van Wyk vir julle harde werk. Thereza Pienaar, Hanlie Nell en Aletta Mohale vir die opmaak van die bederfpakkies.